DIK DEURMEKAAR – MEL DIE STORIEVERTELLER – 21 MAART 2024

R350.00

Datum: 21 Maart
Deure maak 18:15 oop
Vertoning begin 19:15
Ligte ete ingesluit
Verwelkomings drankie – Get Lost Wines 

 

33 in stock

Category:

Description

Mel die Storieverteller is waarskynlik een van die grootste deurbraak komediante van 2023. Van internet sensasie na verhoog sensasie los sy gehore vriendelik verras en oppie-vloer van al die lag.

Dik Deurmekaar is haar tweede komiese stuk wat die lyne tussen ‘stand-up comedy’ en ‘n verhalende een-vrou vertoning vervaag. Sy gesels en vertel van die eerste keer toe sy die sensasie van deurmekaargeid ervaar het in Juffrou Draak se klas en hoe sy die res van haar skooljare toe maar begin vrede maak het met die feit dat alles, veral matriekafskeide en haarstyle, ‘n hengse deurmekaarspul is. Mel lewer ook haar komiese opinie oor die onverstaanbare obsessie met visvang en ander mense se seksuele oriëntasie en deel snaakse waarnemings van ‘straight couples’, die landslied, slimfone en ‘fancy’ karre.

Mel se stories slaan jou met die waarheid, maar dis ‘n sagte hou verbloem in interessante staaltjies en onverwagse kwinkslae. Dik Deurmekaar ontroer ‘n spesiale nostalgiese gevoel waarby almal kan aanklank vind.

Haar unieke manier van dinge raakvat en saamvat en uitbeeld maak dat gehore die hele 60-minute deur aan haar lippe hang. Maar Mel belowe nie dat die vertoning volgens plan gaan verloop nie, want soms is die lekkerste deel van die vertoning om bietjie gek te skeer met gehoorlede en dan duik nuwe grappies op so tussendeur die stories – dus moet jy met omsigtigheid jou kaartjies bespreek.

 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “DIK DEURMEKAAR – MEL DIE STORIEVERTELLER – 21 MAART 2024”

Your email address will not be published. Required fields are marked *